
Swerwers in die klipperige binneland
Ek wonder of ander mense ook soms daardie drang het om die woestyn in te vaar, enige handige, nabye en nie-te-hittige woestyn… ‘n stil plek waar daar niks is nie en jy net na jouself kan luister? Ek kry die indruk ons het almal so ‘n helse gedruis om ons, dat stilte skaars geword het. Wanneer luister jy na jouself? Wanneer hoor jy presies wat jy voel of dink…? Wie gee jou ‘n kans om dit te doen? As mens dit nie het nie begin jou binnekant opdroog… ‘n woestyn neem jou van binne oor. En dan begin mens verlang na die oop ruimtes, miskien onder sterre, of iewers langs die see, of in ‘n uitgestrekte woestyn… dan word die stil plekke jou oase, selfs al is dit die natuur se woestyn. Wat die woestyn aantreklik maak is die eenvoud, die gestroopte gevoel, ‘n soort aardse elegansie, einders met niks wat jou blik versper nie. En die woestyngebiede kan stilwees! As jy al in die Visriviervallei afgestap het sal jy weet… of iewers in ander dele vd wereld. Stilte is kosbaar… en skaars.
Se die woord ‘woestyn’, en ek’s die ene ore. Jy beskryf so goed hoe ek oor die woestyn voel. Dis ‘n heilige plek, vir my in elk geval. En oor 2 weke is ek weer daar.
By: boendoe on 07/05/2009
at 11:10 vm
Beslis, ek is mal oor die woestyn, baie meer as ‘n plek met waterstrome en ‘n groen landskap. Ek deel die woestyn-sentiment.
By: rosalindfranklin on 01/06/2009
at 7:09 nm